Mielie

Mielie
Illustrasie van verskeie dele van 'n mielieplant
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
Z. mays
Binomiale naam
Zea mays
Zea mays Strawberry
Straatverkoper van gebraaide mielies

Mielies is 'n graangewas wat oorspronklik in Meso-Amerika verbou is, en daarna oor die Amerikaanse kontinente en ook die res van die wêreld versprei het. Mielies is Suid-Afrika se vernaamste landbouproduk en, soos in die meeste ander Afrikalande, ook die land se stapelvoedsel.

Na rys en koring is dit die belangrikste graansoort ter wêreld, en Suid-Afrika is een van die tien grootste mielieproduserende lande. Sowat 40 % van Afrika se mielies word hier verbou en die oeste verskaf voedsel op groot skaal aan miljoene mense op die vasteland - onder meer deur middel van die Verenigde Nasies se voedselhulpprogram.

Mielies is waarskynlik reeds deur antieke Egiptiese beskawings verbou en is eers teen die 1860s vir handelsdoeleindes in Suid-Afrika aangeplant.

Ongeveer een derde van die land se boere kweek die gewas op 'n totale oppervlakte van sowat 4,5 miljoen hektaar. Die gebied bestaan hoofsaaklik uit die sogenaamde mieliedriehoek, wat die Noord- en Oos-Vrystaat en Gauteng insluit. Aangesien mielies die vernaamste bestanddeel van vee- en pluimveevoere is, is die kostestruktuur daarvan nou verweef met dié van ander landbousektore, byvoorbeeld die suiwel- en braaikuikenbedrywe.

Mielies is 'n somergewas en word gedurende Desember en Januarie as groenmielies en in Mei of daarna as graan geoes.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search